Vergadering Met Die Gemeenskap Van Atlantis
Voor Die 2011 Plaaslike Regeringsverkiesing
Toespraak Deur Prins Mangosuthu Buthelezi LP
President Van Die Inkatha Vryheidsparty

 

Seven Eleven-saal, Atlantis: 9 Mei 2011

 

Dankie, dat u vanaand hier is om saam met die IVP te vergader. Dit is vir my so 'n plesier om in hierdie gemeenskap te wees soos die Plaaslike Regering verkiesing volgende week nader kom. Ek voer al verskeie weke 'n veldtog en was al in KwaZulu Natal, Mpumalanga en Gauteng, om mense aan te moedig om in hierdie verkiesings te stem. 

Maar dit is vir my spesiaal om in die Wes-Kaap te wees, nie net omdat die politieke dinamiek anders is hier nie, maar omdat dit hier is wat ek die die meeste van my tyd as Lid van die parlement deurbring.

 

Die IVP het 18 verteenwoordigers in die parlement, en ongeveer 900 Raadslede in munisipaliteite deur Suid-Afrika. Ons is nou al vir meer as drie dekades betrokke in Suid-Afrikaanse politiek, en ons het ons land beduidend benvloed voor en na 1994. Ons is nie 'n nuwe party nie, maar daar is nog mense wat nie die IVP ken nie, nie weet waarvoor hy staan en waarin hy glo nie. Ek hoop dat ons vanaand deur ons interaksie 'n dialoog kan begin wat die manier kan verander waarop dinge in Atlantis gedoen word wanneer dit kom by dienslewering, plaaslike regering en politiek.

 

Ek nooi u om te luister en vrae te vra, en om werklik na te dink of die IVP die nuwe stem is wat Atlantis nodig het. Ons weet almal dat daar 'n stryd tussen die DA en die ANC in die Wes-Kaap is. Hierdie twee swaargewigte baklei dit uit in die politieke arena, omdat albei beheer oor die Wes-Kaap wil h. Vir die ANC is dit 'n saak van trots, omdat hulle dit haat om nie in elke uithoek van ons land te domineer nie. Vir die DA gaan dit daaroor om die ANC van Kaapstad uit te sluit.

 

Maar te midde van hierdie hewige stryd is ek bekommerd dat die mense vergeet word. Dit is verskriklik dat die oop toilet sage vir twee jaar kan voortsleep, met die DA wat toilette installeer en die Jeugliga wat dit afbreek; en aantygings wat heen en weer gemaak word. Vir twee jaar word daar oor toilette baklei. Dit is die vlak waarna die politiek gedaal het.

 

Ek glo dus dat Atlantis en baie ander gemeenskappe in die Wes-Kaap hoop daar is 'n alternatief vir die keuse tussen die onbevoegdheid van die ANC en die arrogansie van die DA. Ek is hier om vir u te s daar is hoop. Daar is 'n alternatief. Ek sal nie voorgee dat die IVP die Wes-Kaap by die DA kan oorneem nie, maar ek kan vir u s dat om vir die IVP in Atlantis te stem, stem jy vir integriteit op jou plaaslike raad wat 'n invloed kan h op hoe dinge gedoen word. Me Nazlie Daniels staan in Atlantis want sy weet wat hierdie gemeenskap se behoeftes is en sy weet wat die mag van die IVP is. Sy weet ons kry dinge gedoen.

 

Die IVP het 'n formidabele nalatenskap in Suid-Afrika. In KwaZulu-Natal bestuur ons meer munisipaliteite as die ANC, en ons doen dit beter as die ANC. Op plaaslike regering vlak, waar dienste wel gelewer word, wil mense in KwaZulu Natal steeds 'n IVP leierskap h.  Want hulle onthou wat ons oor die afgelope drie dekades bereik het, en hulle vertrou die IVP se onberispelike prestasierekord. Ons het baie goeie dinge in die verlede, selfs voor 1994 gedoen en ons doen goeie dinge in die munisipaliteite waar ons stem versterk is.

 

Wanneer ek na Atlantis toe kom, dink ek terug aan die onsinnige beleide van die ANC selfs voor bevryding, wat 'n verskriklike invloed op hierdie gemeenskap gehad het. In Oktober 1976, het Mnr Oliver Tambo, as die waarnemende president van die ANC, voor die Verenigde Nasies se algemene vergadering gestaan en 'n beroep gedoen vir internasionale sanksies teen apartheid Suid-Afrika en buitelandse disinvestering. Dit was 'n beroep wat ek totaal verwerp het omdat ek geweet het dat die swakkes en verdruktes die swaarste onder die sanksies sou ly, nie die ryk elite nie.

 

In reaksie op die beroep vir sanksies, het die apartheid regering verenig om seker te maak hy kan ekonomies selfstandig word, en een van die maniere om dit te doen was om Atlantis m die Atlantis Diesel Engine (ADE) fabriek te skep. Die fabriek is swaar gesubsidieer deur die regering, wat hom in staat gestel het om dit suksesvol te bedryf 20 kilometer buite Kaapstad, en duisende werkgeleenthede aan die gemeenskap te bied.

 

Maar kort na ons politieke bevryding het die nuwe regering onder die ANC die ADE laat vaar en regeringskontrakte onttrek. Die ANC het Atlantis in werklikheid weggegooi. Selfs al het hulle eie beleide hulle gedwing om die ADE te skep, het die ANC nie verantwoordelikheid daarvoor aanvaar toe hy aan bewind gekom het nie. Ek glo hulle het hulle verantwoordelikhede ontduik om werkgeleenthede te beskerm, en julle te beskerm - julle inkomste, julle stabiliteit en die welvaart van Atlantis. Byna 'n dekade gelede het die ADE gevou, en daar is steeds baie werklose mense wat in hierdie gemeenskap aansukkel.

 

Dit het allerhande soorte sosiale probleme geskep, soos dit gaan met werkloosheid. Die van julle wat werk het spandeer te veel van julle inkomste aan reisuitgawes. In baie huise is die tradisionele gesinstrukture omgekeer, met die vroue wat die meeste of al die geld inbring. Ek weet daar is gevoelens van ontoereikendheid en frustrasie wat wat nie aangepak kan word met bedaarde politieke slagspreuke soos 'Deur saam te werk kan ons meer doen' nie. As ons behoorlike werk vir ons jongmense kan kry, ons kinders van die se strate kan afhou, ons families in behoorlike huise met toilette en lopende water kan kry; gaan dit meer as 'n slagspreuk, meer as 'n veldtog en meer as 'n hewige stryd neem oor wie Kaapstad beheer.

 

Atlantis het 'n nuwe stem nodig wat namens hom kan praat en s wat ons ons almal dink. Daar moes al dekades gelede aan die basiese behoeftes voldoen gewees het. En dit help nie raadslede s daar is nie genoeg geld nie, of daar is te veel rompslomp om dinge in Atlantis gedoen te kry. Die IVP weet hoe om baie te doen met 'n bietjie. In die klein dorpie Mzingazi in die Uthungula-distrik, waar daar feitlik geen inkomste van diensgeld en belasting is nie, het ons munisipaliteit 'n vennootskap met 'n gemeenskapsgebaseerde projek aangegaan en vir die leerders van Sithole Nanhlanhla School toegang tot 'n biblioteek gekry. Ons het dit gedoen want ons verstaan hoe belangrik opvoeding is en ons is bereid om hard te werk om aan die waardes te voldoen wat ons voorstaan.

 

Me Daniels het reeds uitstekende idees wat die idees van die gemeenskap weerspiel, en die praktiese bedryfskennis van die IVP weerspiel. Sy het mobiele klinieke voorgestel om diegene in landelike gebiede te bedien, omdat die geografiese ligging van Atlantis dit moeilik maak om toegang tot gesondheidsdienste te kry. Weereens, julle betaal te veel om by 'n kliniek uit te kom, en daar is nie geld om op vervoer en doktersrekenings te betaal wanneer dit klaar moeilik is om kos op die tafel te kry nie.

 

Die IVP weet. Ons gee om. Ons werk sedert 1975 saam die armste van armes in KwaZulu Natal en deur Suid-Afrika. Ons het mense gehelp om hulleself te help, deur hulle te bemagtig met vaardighede en die ontwikkeling van hulle gemeenskap. Ons is in vennootskap met mense uit alle beroepe om te doen wat nodig is om 'n verskil te maak.

 

Al ons kandidate in die komende plaaslike regeringsverkiesings, insluitend Me Daniels, het 'n belofte van integriteit en sensitiwiteit teenoor die gemeenskap afgel. Ek beoog om hulle aanspreeklik te hou om daardie belofte na te kom. Die IVP verdra nie luiaards en neklers nie omdat daar van IVP-raadslede verwag word om te werk.

 

Kragtens hulle belofte kan jy verwag dat jou IVP-raadslid iemand met integriteit sal wees, wat eerlik met jou en billik teenoor jou is en jou insluit in besluitneming, wat aan jou verantwoording moet doen en te alle tye beskikbaar is. Ons raadslede neem jou probleme ernstig op.  Ons sal jou met respek behandel omdat ons vir en saam met jou werk.

 

Ons glo daaraan om munisipale bestuur nader aan jou te bring. Ons sal jou bemagtig om deel te neem in besluite wat geneem word, deur jou in noue kontak te plaas met jou raadslede in hulle daaglikse werk. Ons sal nooit vir julle voorskryf nie. Ons sal langs jou leef en werk, om die ware probleme saam op te los.

 

Die IVP glo jy het die reg om enige inligting te ontvang wat jy oor jou munisipaliteit en jou raad nodig het. IVP-geleide munisipaliteite bevorder openheid in alles wat hulle doen. Ons glo dat tenders openbaar gemaak moet word sodat jy presies weet wie kry hoeveel vir watter diens. Die IVP glo dat elke Rand op so 'n manier gespandeer moet word wat jou gemeenskap en jou munisipaliteit verbeter. Ons fokus daarop om vermorsing, wanbestuur en korrupsie stop te sit, en besteding aan infrastruktuur en basiese dienste soos water en elektrisiteit te prioritiseer.

 

Dit is die IVP se prioriteite. Ek hoop jy sal Me Nazlie Daniels ondersteun aangesien sy vir jou werk. Sy staan as jou kandidaat in Atlantis omdat sy vir hierdie gemeenskap omgee en sy weet dat dinge baie beter kan wees. Deur vir Nazlie te stem, versterk jy 'n nuwe stem in jou plaaslike raad. Jy versterk 'n stem wat ondersteun word deur dekades se ondervinding in plaaslike regering en 'n prestasierekord wat ander partye in die skande steek. Omdat dit vir die IVP daaroor gaan om die werk gedoen te kry. Ons is daar vir jou.

 

Dankie dat u my en die IVP vanaand in Atlantis ontvang het. Dit is lekker om saam met mense te wees wat vir hulle toekoms omgee. Volgende Woensdag, wanneer jy gaan stem, hoop ek jy sal 'n nuwe stem in jou plaaslike raad bemagtig om 'n groot verskil vir Atlantis te maak. Ek hoop jy sal vir die IVP stem.

 

Kontak: Liezl van der Merwe,   082 729 2510
Mediawoordvoerder vir Prins Mangosuthu Buthelezi