Vergadering Met Die Gemeenskap Van Hanover Park
Voor Die 2011 Plaaslike Regeringsverkiesing
Toespraak Deur Prins Mangosuthu Buthelezi LP
President Van Die Inkatha Vryheidsparty

 

 

Hanover Park Gemeenskapsaal: 10 Mei 2011

 

Dankie dat u die IVP in die gemeenskap van Hanover Park verwelkom.  Vanoggend het ek die daghospitaal en Ihlaas Moskee besoek, en met baie mense gepraat soos ek deur die strate geloop het. Oral het ek dieselfde boodskap gehoor, dat mense bekommerd is oor die hewige stryd tussen die DA en die ANC, omdat die ware behoeftes van die mense van Hanover Park in die proses vergeet word.

 

Ek het na Hanover Park toe gekom met die wete dat sommige van julle die IVP nie baie goed ken nie, alhoewel ons al vir 35 jaar deel is van die Suid-Afrikaanse politiek, en ons voor en sedert 1994 'n verskil in Suid-Afrika gemaak het. Die IVP is die stem van rede in die Suid-Afrikaanse politiek. 'n Mens hoor nie van gewelddadige protes oor dienslewering in IVP-geleide munisipaliteite nie. 'n Mens hoor nie dat die IVP ander politici vulgÍre name noem nie. En 'n mens hoor nie dat die IVP vir langer as twee jaar oor oop toilette stry nie.

 

Ons is die mense wat die werk gedoen kry, omdat ons weet waaroor bestuur gaan. Die IVP het 18 verteenwoordigers in die parlement en ongeveer 900 Raadslede in munisipaliteite in Suid-Afrika. Ons het die administrasie van die voormalige KwaZulu Regering vir 18 jaar voor demokrasie bestuur, en ons het vir die eerste vyf jaar na 1994 in die regering van nasionale eenheid gedien. Selfs daarna het President Mbeki my gevra om steeds in sy kabinet te dien as Minister van Binnelandse Sake. Ek is al meer as 20 keer as waarnemende president van die land aangestel.

 

Ek noem hierdie feite om te beklemtoon dat die IVP nie 'n nuweling is nie en ook nie 'n verontagsaam word nie. Ons het gehelp om die wette en beleide van ons land te vorm, maar ons het ook sterk standpunt ingeneem oor die vele misstappe van die ANC-regering omdat ons eerste prioriteit die mense is. Vir 35 jaar al dien die IVP die armste Suid-Afrikaners asook die werkers. Ons het langs die werkloses, die ouers, die versorgers en entrepreneurs gesukkel. Ons het vir jou gewerk.

 

Ons het nooit toegelaat dat mag ons korrup maak nie en ons het ook nie vergeet dat ons dien as gevolg van die mandaat wat julle, die mense, aan ons gegee het nie. Ons is julle verteenwoordigers. Vir die IVP gaan hierdie verkiesingsveldtog dus oor julle. Ons het ons slagspreuke gekies om 'n duidelike boodskap aan leiers te stuur wat ander belange soos politiek, geld en mag eerste stel. Ek dink mense moet herinner word dat dit oor julle gaan, want plaaslike regering kan 'n verskil maak. Jou stem tel.

 

Ek het die afgelope paar weke deur KwaZulu Natal, Mpumalanga en Gauteng gereis, en mense aangemoedig om volgende Woensdag in die plaaslike regeringsverkiesing te stem. In baie demokrasieŽ, insluitend jou eie, stem daar gewoonlik nie baie mense op hierdie vlak nie. Mense voel om een of ander rede dat hulle geen verskil in plaaslike regering kan maak nie, omdat alles reeds op die nasionale en provinsiale vlak besluit is.

 

Die Wes-Kaap is uniek omdat die ANC se oorheersing by die provinsiale grense eindig. Vir die ANC is dit 'n saak van trots om in die 18 Mei-verkiesings beheer van die Wes-Kaap te verkry. Hulle het net 'n burgemeesterskandidaat in Kaapstad geplaas ? nÍrens anders in Suid-Afrika nie, omdat die ANC weet dat as hy die Wes-Kaap by die DA wil neem dit 'n moeilike stryd gaan wees.

 

Die stryd vir Kaapstad is dus 'n openbare stryd en mense sal kante kies vir die DA of die ANC. Dit ontmoedig mense nogal want dis 'n keuse tussen die ANC se onbevoegdheid en die DA se arrogansie. Ek is hier om daarop te wys dat daar 'n alternatief is. Daar is 'n ander uitweg. Ek het na Hanover Park toe gekom om die IVP se kandidate te ondersteun, omdat hulle mans en vroue is wat julle ken. Hulle is mense met integriteit wat ondersteun word deur die IVP se prestasierekord.

 

Die IVP het 'n buitengewone prestasierekord in regering en dienslewering. In KwaZulu Natal bestuur ons steeds meer munisipaliteite as die ANC, omdat op plaaslike regering vlak, waar dienste gelewer word mense nog steeds 'n party wil hÍ wat die werk kan doen. Daardie party is die IVP. Die kiesers het ons 'n mandaat gegee om 32 munisipaliteite te lei, en ons het die geleentheid gehad om te bewys dat ons dit beter as die ANC doen.

 

In baie ander munisipaliteite deur die land het mense die stem van die IVP versterk deur vir ons te stem. Dit is wat ons in Hanover Park wil sien. Ons vra vir jou stem volgende Woensdag om 'n ander stem in jou plaaslike raad te versterk; 'n stem van rede en 'n stem van integriteit. Jy hoef nie trou te sweer aan mense net omdat hulle regeer nie. En jy hoef nie vir hulle opponent te stem as 'n manier om te sÍ jy hou nie van hulle nie. Jy kan iets heeltemal anders kies. Jy kan vir die IVP stem.

 

'n Stem vir die IVP kan 'n verskil vir Hanover Park maak, omdat die IVP-kandidate ondersteun word deur 'n sterk party; 'n party wat steeds 'n ernstige bedreiging vir die ANC is. Ons is nie die soort mense wat modder gooi om onsself te laat goed lyk nie, maar daar is 'n tyd en 'n plek om goed te kyk na die mense wat wil hÍ jy moet vir hulle stem, en vra of hulle die regte mense vir die werk is.

 

Die DA se burgemeesterskandidaat, Me Patricia de Lille, het in die Pan Africanist Congress begin voor oorgegaan het na die Independent Democrats. Laas Augustus sluit sy toe by die DA aan en nou ondersteun die DA haar vir burgemeester. Haar geloofwaardigheid is dalk hoog, maar daar is 'n swak gewoonte in die politiek om posisies as terugbetaling te gee. Die ANC was al verskeie kere in die verlede in 'n fel stryd gewikkel as gevolg van hierdie gewoonte. Kaders voel ontevrede omdat daar net nie genoeg top poste is om almal tevrede te stel wat voel hulle verdien 'n posisie nie.

 

Dit is waarom die ANC probleme met sy kandidaatlyste ondervind, omdat die kandidate wat deur die mense gekies is om hulle te verteenwoordig bloot van die lyste afgehaal word en vervang word met mense wat deur die ANC gekies is. Dit wys hoe min die ANC eintlik omgee vir wat die mense wil hÍ. Hulle verteenwoordigers is nie aanspreeklik teenoor jou nie; hulle is aanspreeklik teenoor die ANC.

 

Dit geld ongelukkig ook vir Mnr Tony Ehrenreich. Die ANC se burgemeesterskandidaat, wat ook Cosatu se provinsiale sekretaris in die Wes-Kaap is, het 'n reputasie dat hy 'n man van die mense is. Maar hy het dit duidelik gestel dat hy die ekonomiese beleide van die Wes-Kaap in lyn met diť van die nasionale regering wil bring. Dit is een van sy top drie prioriteite as burgemeesterskandidaat.

 

Mnr Ehrenreich woon hier naby in Uitsig. Maar ek dink nie dat 'n plaaslike man kan verander hoe dinge in Hanover Park gedoen word, net omdat hy hier woon nie. Hy het 'n mandaat om plaaslike regering hier in lyn te bring met hoe die ANC elders regeer. Waar nasionale beleide dus ook al gefaal het, kan 'n mens verwag dat dieselfde mislukking vir die Wes-Kaap wag as die ANC hierdie verkiesing wen.

 

Sy ander twee top prioriteite is om openbare vervoer te verbeter en water en sanitasie aan informele nedersettings te verskaf. Maar sy party se rekord in albei hierdie gevalle is nie inspirerend nie. Hulle het miljoene Rande meer as die begroting bestee om die Gautrein in werking te stel. Maar 'n kaartjie van Pretoria na OR Tambo lughawe kos steeds R125. Vir die meeste van ons is dit nie bekostigbaar nie. Interessant genoeg het China ongeveer dieselfde tyd 'n snelspoorlyn begin bou as wat ons met die Gautrein-projek begin het; maar dit loop teen twee keer die spoed, is twee maal die lengte en het die helfte gekos van ons trein se prys. Ons kan tog sekerlik beter doen.

 

Wat die verskaffing van water en sanitasie aan informele nedersettings betref, kan 'n mens nie anders as om aan Andries Tatane te dink nie, wat doodgeslaan is deur die polisie gedurende 'n diensleweringsprotes in die ANC-geleide nedersetting naby Ficksburg. Dan is daar die gemeenskap van Zandspruit, wat van gewelddadige protes gebruik gemaak het teen hulle ANC-raadslid vir nie-lewering, omdat die raadslid nie wou luister na die mense wat sy belowe het om te verteenwoordig nie.

 

Diensleweringsprotes is iets gewoons in ANC-geleide munisipaliteite. Wanneer 'n ANC-kandidaat dus sÍ hulle kan beter doen in Hanover Park deur dinge op die ANC-manier te doen, moet ons onsself afvra of dit die waarheid of net nog 'n ANC belofte is.

 

Die ANC het nie enige vriende in die Wes-Kaap gemaak deur die regeringswoordvoerder Mnr. Jimmy Manyi toe te laat om rassistiese opmerkings oor die kleurling gemeenskap te maak nie. Mnr Ehrenreich wil ons laat glo dat Mnr Manyi nie die woordvoerder oor hierdie kwessies is nie. Maar hy praat namens die nasionale ANC-regering, en Mnr Ehrenreich wil beleide hier in lyn bring met die nasionale ANC regeringsbeleid. Dis sal dus onwys wees om nie te vra of die ANC se vasberade nastrewing van regstellende aksie en die daarstel van gelyke indiensnemingsteikens werklike gebaseer gaan wees op provinsiale demografie, en of hierdie gemeenskap nie aan die kortste end gaan trek nie.

 

Dit is die kwessies wat daagliks in die openbare arena bespreek word. Die stryd tussen die ANC en die DA word al hoe feller. Maar waar laat dit die mense? Ek is vasberade om toe te sien dat plaaslike regering word wat dit veronderstel is om te wees; dit gaan oor julle. Dit gaan nie oor 'n stryd nie. Dit gaan oor julle munisipaliteit, julle skole, julle huise, julle werk, julle bestaanstryd en julle veiligheid. Die IVP se kandidate weet dit gaan oor julle.

 

Dit is lekker om hier te wees om ons kandidate bekend te stel en hulle te ondersteun wanneer hulle vir julle stem vra. Ek bedank Mnr. Ricardo Sedres, ons programdirekteur, dat hy as kandidaat in hierdie verkiesing staan, omdat ek weet dat om die gemeenskap as 'n plaaslike raadslid te dien nie oor roem is nie, en dit gaan beslis nie oor die geld nie. Die IVP verdra nie luiaards nie; en geen IVP-raadslid is 'n leeglÍer nie. Ons verwag dat ons raadslede hard sal werk, en hou hulle aanspreeklik vir hulle prestasie.

 

Die IVP is nie bang om raadslede te ontslaan wat nie die mandaat van die IVP nakom nie. Ons glo nie daaraan om poste te gee as gunste of as vergoeding vir getrouheid nie. Ons glo daarin om die regte mense vir die werk te kies, om seker te maak die werk word gedoen. Ons kandidate het almal 'n belofte van integriteit en sensitiwiteit teenoor die gemeenskap afgelÍ. Ek beoog om hulle verantwoordelik te hou vir die nakoming van hulle belofte.

 

Kragtens hulle belofte kan jy verwag dat jou IVP-raadslid iemand met integriteit sal wees, wat eerlik met jou en billik teenoor jou is en jou insluit in besluitneming, wat teenoor jou verantwoording moet doen en te alle tye beskikbaar is. Ons raadslede neem jou probleme ernstig op. Ons sal jou met waardigheid en respek behandel omdat ons vir en saam met jou werk.

 

Ons glo daaraan om munisipale bestuur nader aan jou te bring. Ons sal jou bemagtig om besluite wat geneem word, deur jou in noue kontak te plaas met jou raadslede in hulle daaglikse werk. Ons sal nooit vir julle voorskryf nie. Ons sal langs jou leef en werk, om die ware probleme saam op te los.

 

Die IVP glo jy het die reg om enige inligting te ontvang wat jy oor jou munisipaliteit en jou raad nodig het. IVP-geleide munisipaliteite bevorder openheid in alles wat hulle doen. Ons glo dat tenders openbaar gemaak moet word sodat jy presies weet wie kry hoeveel vir watter diens. Die IVP glo dat elke Rand op so 'n manier gespandeer moet word wat jou gemeenskap en jou munisipaliteit verbeter. Ons fokus daarop om vermorsing, wanbestuur en korrupsie stop te sit, en besteding aan infrastruktuur en basiese dienste soos water en elektrisiteit te prioritiseer.

 

Dit is die IVP se prioriteite. Ons glo dat plaaslike regering belangrik is omdat dit daar is wat dienste gelewer word en dit daar wat julle in wisselwerking tree met jou regering as die eerste punt van kontak. Regering moet van die grond af plaasvind. Op hierdie manier kan gemeenskappe in vennootskap tree met hulle verteenwoordigers om die regering te laat optree. Alhoewel ons land met baie sosiale en ekonomiese probleme worstel, is elke gemeenskap uniek en moet bemagtig word om sy eie oplossings vir sy eiesoortige probleme te kry. Net soos Mzingazi ander probleme as Chatsworth het, verskil Hanover Park se probleme van Parow s'n.

 

Ons kandidate is Kapenare wat in hierdie gemeenskap woon, hier werk, hier kerk toe gaan en hulle kinders hier opvoed. Hulle verstaan jou stryd, omdat dit ook hulle stryd is. Ons kandidate het goeie idees om jou te help, insluitend om die munisipale hulpprogram na jou toe uit te brei, om julle te help om julle munisipale skuld te herrangskik. Hulle is aan die voorpunt van die stryd teen dwelmmisbruik, veral Tik en die stryd teen misdaad en straatboewe.

 

Die IVP glo Hanover Park het meer sigbare polisiŽring nodig en 'n vinniger reaksietyd deur die polisie en nooddienste. Dit beteken dat julle plaaslike polisiekantoor toegerus moet word met die hulpbronne wat hulle nodig het om jou te help. Ek weet daar is dapper polisiemanne en -vroue in hierdie gemeenskap wat probeer beskerm en dien onder uiters uitdagende omstandighede. Ek prys julle, en bedank julle dat julle vir ons mense omgee.

 

Daar is eintlik baie mense in Hanover Park wat elke dag 'n verskil probeer maak, deur kinders van die strate af te hou, deur dwelmhandelaars te rapporteer, deur rehabilitasieprogramme te ondersteun, deur behoeftige families te huisves, deur vir bure te sorg en deur te bid vir beskerming en opheffing in Hanover Park.

 

Die IVP wil 'n vennootskap met hierdie mense aangaan. Ons wil in vennootskap met jou gaan in 'n revolusie van welwillendheid wat hierdie gemeenskap kan verander. Maar ons het jou ondersteuning nodig om dit te doen. Ons het jou stem op 18 Mei nodig. Ons het jou nodig om die IVP se stem in jou plaaslike raad te versterk. Die IVP is die alternatief vir die hewige politieke stryd wat jou behoeftes agterweŽ laat. Ek vra jou dus om volgende Woensdag vir die IVP te stem.

 

Baie dankie.

 

Kontak: Liezl van der Merwe, mediawoordvoerder vir Prins Mangosuthu Buthelezi op 082 729 2510.